Henk Stander het die toekenning ontvang van die Akwakultuur Persoonlikheid van die Jaar tydens die onlangse Akwakultuur Konferensie van die Akwakultuur Vereeniging van Suidelike Afrika (AASA) wat plaasgevind het in Stellenbosch van 9 tot 13 September.
Die AASA toekening gee erkenning aan persone wat `n besonderse bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van Akwakultuur in Suidelike Afrika.
Henk was ononderbroke `n lid van die AASA Uitvoerende Bestuurs Komitee vir 17 jaar lank in verskeie portfolios. Hy was `n lid van die reelings komitee van die laaste 6 Akwakultuur Internasionale Konferensies en die voorsitter van die reelings komitee van die laaste 5 Akwakultuur Internasionale Konferensies. Hy is tans die Voorsitter van die Wes-Kaapse Forel Produsente Vereeniging en ook lid van die Tilapia, Akwaponika en AkwakultuurSA se Uitvoerende Bestuurs Komitees.
Henk het al Akwakultuur opleiding gaan gee in lande soos Ghana, Namibia, Lesotho, Malawi, Zambia, Egipte, Mosambiek, Mauritius en die Seychelles.
In die foto: Henk Stander ontvang die gesogte Akwakultuurpersoon van die Jaar toekenning vanaf die Akwakultuur Vereeniging van Suider Afrika. Die toekenning is oorhandig tydens die gala-dinee van die 15de Internasionale Akwakultuur Vereeniging van Suid-Afrika konferensie in Stellenbosch. Die toekenning is deur Prof Niall Vine (AASA Voorsitter) aan Henk oorhandig.