Dr Erna Blancquaert is vereer as die Landbouskrywers Suid-Afrika (AWSA) Navorser van die jaar vir 2024 by die iXhariep-streekstoekennings wat op 4 Oktober by Durbanville Hills Wines gehou is.
Blancquaert doseer in die voorgraadse program in die Departement Wingerd- en Wynkunde in die velde van ampelografie, druif stresfisiologie asook plae en siektes. Haar navorsingskundigheid in wingerdstresfisiologie is deurslaggewend om die uitdagings wat klimaatsverandering stel, aan te pak. Meer onlangs ondersoek sy alternatiewe boerderypraktyke op druifkwaliteit.
Sy is nie net 'n akademikus nie, maar is ook op nasionale vlak by die landbou betrokke aangesien sy dien as 'n trustee van die landbouminister op die Sagtevrugtebedryf se Ontwikkelingstrust, wat die multi-dissiplinêre aard van landbou uitlig en waar sy 'n impak kan maak. Sy is 'n wynbeoordelaar op van Suid-Afrika se top wynkompetisies terwyl sy skertsend sê "die bewys is in die poeding". Internasionaal is Blancquaert 'n Fulbright-alumnus en het Stellenbosch gelei in die Vitaglobal-projek wat 'n Erasmus+-befondsde projek is met ander universiteite van wynproduserende lande.
"Niks hiervan sou moontlik gewees het sonder my mentors nie. Dr Victoria Carey en wyle prof Piet Goussard en prof Eben Archer wat my tot op hierdie punt gebring het. Sonder hul passie en bereidwilligheid om te deel sou niks hiervan moontlik gewees het nie. Ek is passievol oor die industrie, my navorsing en akademiese onderrig, maar dit is ongelooflik moeilik elke dag wanneer jy ondermyn en bevraagteken word oor alles as 'n vroulike en 'n persoon van kleur in hierdie veld. Dit is nie net uitputtend en frustrerend nie, maar ook hartseer gegewe dat ons 30 jaar ná apartheid is, droom ek van die dag waar ons almal kan saamwerk en die wynbedryf en die land beter kan maak.”