skip to Main Content

16de “International Conference on Yeasts”, ITICC, Kaapstad

Die 16de “International Conference on Yeasts” (16thICY) het vanaf 29 September tot 3 Oktober in Kaapstad plaasgevind. Die ICY word elke vier jaar gehou en georganiseer onder beskerming van die “International Commission on Yeasts” (ICY), ʼn wetenskaplike vereniging wat geaffilieer is met die “International Union of Microbiological Studies” (IUMS). Die ICY beskik tans oor 102 aktiewe Kommissarisse (kommissielede) wat 44 lande verteenwoordig.

Dit is die eerste keer dat hierdie samekoms op die Afrika kontinent gehou is. Die plaaslike reëlingskomitee was verteenwoordigend van die SA Yeast navorsingsgemeenskap met lede van die Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van die Wes-Kaap en die Landbou Navorsingsraad. Die LOC (plaaslike reëlingskomitee), onder voorsitterskap van Prof Florian Bauer (South African Grape and Wine Research Institute) het ingesluit Proff Evodia Setati, Benoit Divol en Dr Heinrich Volschenk van US.

Florian Bauer (links) en Kevin Verstrepen (regs) tydens vraesessie na die openingshooflesing

Meer as 300 afgevaardigded het die konferensie bygewoon, insluitend ongeveer 250 navorsers wat al die kontinente verteenwoordig het. Wêreldbekende hoofsprekers het ingesluit Prof Kevin Verstrepen van KU Leuven (België), Prof Pascale Daran-Lapujade (TU Delft, Nederland), Prof Brenda Andrews (Universiteit van Toronto, Kanada), Prof Chris Hittinger (Universiteit van Wisconsin, VSA) en Prof Jose Avalos (Princeton Universiteit, VSA). Die program het ook vele jong en belowende navorsers as sprekers ingesluit. Meer as 100 mondelinge aanbiedings, asook ongeveer 150 plakaataanbiedings het deel uitgemaak van die program. US studente en navorsers was goed verteenwoordig met 5 mondelinge lesings en 12 plakkate.

Doktorale student en nadoktorale genote van die US bied hul onlangse navorsingsresultate aan by die 16de ICY. Van links na regs: Dr Natasha Luyt, Dr Evelyn Maluleke, Mr Daniel Zieff, Mr Lesiba Tyrone Chuene, Dr James Duncan

Die konferensie het ook die eerste keer ʼn sessie oor “Science Communication” ingesluit, gekoördineer deur Prof Marina joubert van CREST, US. Twee kunstenaars uit Brittanje, wat saam met navorsers in die laboratorium van Prof Diethard Mattanovich van BOKU Universiteit in Wenen gewerk ht, het ook deelgeneem aan die sessie. Hull ehet visueel uitdrukking gegee aan hul waarnemings van die wetenskaplike proses in die algemeen en in die gisnavorsing in besonder.

Tydens die vergadering van die Kommissarisse (kommisielede) wat teenwoordig was by die konferensie, is Prof Bauer as nuwe voorsitter van die “International Commission on Yeasts” (ICY) verkies. Voorsitterskap is vir ʼn priode van vier jaar en dus tot die volgende ICY vergadering wat in 2028 in Madison, Wisconsin, VSA sal plaasvind.

Back To Top