
The Wood App – alles oor hout, binne almal se bereik
The Wood App – alles oor hout, binne almal se bereik
Sedert die bekendstelling van The Wood App (https://thewoodapp.com/), het hierdie innoverende produk van die Departement Bos- en Houtkunde van die Stellenbosch Universiteit ontwikkel van ‘n beskeie opvoedkundige platform tot ‘n omvattende bron van inligting met betrekking tot alles rakende hout konstruksie. Die webwerf se inhoud en reikwydte het uitgebrei sedert dit in 2020 geskep is deur Dr Philip Crafford en Prof Brand Wessels, en duisende gebruikers ontwerp, gebruik en dink anders oor hout as tevore.
Opwindende groei
Die aantal gebruikers weerspieël die sukses van die plaform. Getalle het toegeneem vanaf 11,000 gebruikers in April 2024, tot die huidige totaal van 23,000. Alhoewel die webwerf ontwikkel is deur plaaslike hout spesialiste en gemik is op die plaaslike mark, bedien The Wood App tans 9,000 gebruikers buite Suid-Afrika. Hierdie groei bevestig die plaaslike relevansie van die produk, terwyl dit erkenning gee aan die internasionale kwaliteit en belangrikheid van die platform.
“Die reaksie oortref deurlopend ons verwagtinge,” sê Dr Crafford, ‘n nagraadse genoot by die Departement Bos- en Houtkunde. “Die voortdurende groei in gebruikersgetalle, asook die oorweldigende vraag na die fisiese kursusse wat aangebied word, is baie bemoedigend.”
Aanlyn opvoedkundige platform
The Wood App is internet gebasseerd en die inhoud is gratis beskikbaar vir enigeen met internet toegang. Tans word 11 kursusse aanlyn aangebied. Onderwerpe wissel van basiese houtraam of houtdek bouwerk en stresgegradeerde hout, tot spesialis onderwerpe soos klankbeheer in hout geboue, hout in vuur en kruisgelamineerde houtontwerp. Elke kursus neem ongeveer 2.5 uur om te voltooi, en sluit interaktiewe vasvrae in.
“Ons is opgewonde oor die vooruitsig om binnekort ‘n nuwe kursus, Die Grondbeginsels van Houtdakontwerp, bekend te stel,” deel Crafford. “Ons doel is om die webwerf deurlopend uit te brei, in lyn met die veranderende behoeftes van ons gehoor.”
Digitale en fisiese opleiding
Alhoewel die basis van The Wood App steeds die aanlyn kursusse is, het die platform suksesvol uitgebrei en sluit nou fisiese werkswinkels ook in. Die vraag na hierdie sessies oortref dikwels die beskibaarheid en ‘n onlangse kursus in Stellenbosch het 150 aansoeke ontvang terwyl slegs 80 kandidate geakkommodeer kon word. Hierdie in-persoon kursusse is CPD-geakkrediteerd vir argitekte.
Die kalender vir werkswinkels vir 2025 het afgeskop met in houtraam kursus in Stellenbosch op 12 Februarie. 40% van die kursusgangers was argitekte en 15% was bou-inspekteurs. Dit illustreer die aantreklikheid van die platform vir belangrike rolspelers in die konstruksiebedryf. Op 2 Julie is ‘n verdere houtraam kursus in Durban aangebied.
Die program vir 2025 het ook ‘n dek-en-paal konstruksie werkswinkel in George op 2 April ingesluit, sowel as ‘n houtraam bouwerk, hout in vuur, en houtgradering werkswinkel in Pretoria op 8 en 9 September.
Die datums vir werkswinkels vir 2026 sal binnekort aangekondig word, en sal weer geleenthede soos houtraam bouwerk, massa hout bouwerk en geïtegreerde volhoubaarheid in verskeie Suid-Afrikaanse dorpe of stede insluit.
Industrie ondersteuning en erkenning
Die sukses van die platform sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van belangrike rolspelers in die bedryf nie. Die ontwikkeling van The Wood App is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Sawmilling South Africa, die Suid-Afrikaanse Houtbewaarders Assosiasie (SAWPA), en Fibre Processing & Manufacturing (FP&M) SETA. Hierdie fondse maak dit ook vir The Wood App moontlik om die aanlyn kursusse gratis beskikbaar te stel.
Die platform lewer meetbare bydraes tot professionele ontwikkeling in die hout industrie, met meer as 250 CPD sertifikate wat reeds aan argitekte uitgereik is, en meer as 500 aanlyn kursusse wat tot op hede voltooi is.
Vooruitsigte
Die visie van The Wood App is om plaaslike ontwerpers, ontwikkelaars, kontrakteurs en DIY’ers te ondersteun, te inspireer en aan te moedig om hout te gebruik. Die doel van die platform is om ‘n leer-omgewing te skep wat teoretiese kennis en praktiese vaardighede kombineer. Aanlyn kursusse van hoë kwaliteit word deurlopend ontwikkel en by die webwerf gevoeg. Hierdie hulpbronne word gekomplementeer deur praktiese werkswinkels en bied dus ‘n omvattende opvoedkundige pakket aan vir alle hout-entoesiaste.
Vir verdere inligting, of om in te teken op die kwartaallikse nuusbrief, kontak asseblief info@thewoodapp.com.
Besoek https://thewoodapp.com/ om meer uit te vind oor kursusse, werkswinkel skedules en hulpbronne aangaande alle houtverwante onderwerpe.



