
Gesogte internasionale toekenning vir Prof Marena Manley
Prof Marena Manley, van die Departement Voedselwetenskap, is deur die Internasionale Raad vir Naby-infrarooi-spektroskopie (ICNIRS) as die 2025-ontvanger van die gesogte Tomas Hirschfeld-toekenning (THA) aangewys. Sy is die eerste Suid-Afrikaner om hierdie eer te ontvang.
Die toekenning, wat deur BÜCHI gefinansier word, was op 10 Junie tydens die 22ste Internasionale Konferensie oor Naby-Infrarooi-spektroskopie-konferensie (NIR2025) in Rome, Italië, aan haar oorhandig.
Manley, ‘n toonaangewende navorser in voedselwetenskap, het die toepassing van NIR-spektroskopie en hiperspektrale beelding aansienlik bevorder, veral in graankosnavorsing. Sy het sedert sy in 1997 by die US aangesluit het, meer as 75 nagraadse studente gelei, 135 eweknie-geëvalueerde referate laat verskyn en gehelp om die Universiteit as ‘n toonaangewende NIR-spektroskopie-navorsingsentrum in Afrika te posisioneer.
Manley, tans ‘n volle professor in die US se Fakulteit AgriWetenskappe, het ‘n belangrike rol in die bevordering van NIR-spektroskopie en hiperspektrale beeldnavorsing gespeel. Haar baanbrekerswerk het die begrip en toepassing van hierdie tegnologieë aansienlik beïnvloed, veral in die karakterisering van heterogene graanmonsters.
Sy het ook ‘n sleutelrol in die vestiging van Afrika se enigste vibrasiespektroskopie-eenheid gespeel wat met gevorderde hiperspektrale beeldvermoëns toegerus is. Haar pogings het nie net die US as ‘n kern vir NIR-spektroskopie-navorsing in Afrika bevorder nie, maar het ook internasionale erkenning gekry, wat in haar indrukwekkende H-indeks (maatstaf vir produktiwiteit en impak van ‘n wetenskaplike of vakkundige) van 39 (Scopus) en 47 (Google) weerspieël word.
Manley het in verskeie leierskapsrolle binne ICNIRS gedien en dra steeds by tot die wêreldwye spektroskopiegemeenskap. Benewens hierdie internasionale erkenning, is sy ook al verskeie nasionale toekennings ontvang, insluitende die US se Kanselierstoekenning (2022) vir haar rol as opvoeder en vir haar navorsingsuitnemendheid – spesifiek vir haar bydrae tot die bevordering van NIR-spektroskopie en hiperspektrale beelding in Suid-Afrika en verder weg.
Prof Marena Manley ontvang die Tomas Hirschfeld-toekenning van Prof Dolores Pérez MarínPerin, President van ICNIRS, and Marcel Plans Pujolras van BÜCHI.