Faculty of AgriSciences

ʼn Nuwe voorsitter vir Departement Genetika aan die Universiteit van Stellenbosch

Prof. Clint Rhode is sedert die begin van 2025 die nuwe voorsitter van die Departement Genetika. As ‘n opkomende akademiese leier en gesiene navorser is Prof. Rhode ʼn bekende in die Genetika dissipline. Sy aanstelling as voorsitter van die Departement, wie in 2025 hul Eeufeesviering gedenk, beloof om die gevestigde fokus op uitnemende onderrig, navorsing en dienslewering nog verder uit te bou en van krag tot krag te sien gaan.

Met ‘n PhD in Genetika, registrasie as ‘n Professionele Natuurwetenskaplike en as President van die Suid-Afrikaanse Genetika Vereniging (SAGV), fokus prof Rhode hoofsaaklik op Dier-genetika, met ‘n spesialisasie in populasie- en kwantitatiewe genetika. Hierdie fokusgebiede is uiters belangrik in die bevordering van telingsprogramme en komplekse genetiese eienskappe.

’n Passie vir Wetenskap en Leierskap

Op ʼn vraag na die oorspong van sy belangstelling in die veld van genetika, het Prof. Rhode opgemerk dat sy eie nuuskierigheid en liefde vir wetenskap sy loopbaanpad help bepaal het.

Ek was nog altyd nuuskierig en het gedurig ‘waarom’ gevra. Aanvanklik wou ek ‘n veearts word, maar het gou besef dat ‘n loopbaan wat konstante ontdekking en uitdaging bied, beter by my persoonlikheid pas. Genetika het my bekoor omdat dit wiskunde en biologie kombineer -twee vakgebiede  wat ek regtig geniet.”

Hoewel hy sy pad na genetika in beskeie terme beskryf, kan sy indrukwekkende akademiese rekord -met cum laude-prestasies in al sy grade – nie onderskat word nie. Prof Rhode se nederigheid en lojaliteit aan sy akademiese tuiste is kenmerke wat hom ideaal posisioneer vir die leierskaprol wat hy nou inneem.Die primêre fokus van sy visie vir sy ampstermyn is die versterking van die akademiese gemeenskap en navorsingsuitnemendheid—veral ná die uitdagings van die COVID-19-pandemie.

Een van my hoofdoelwitte is om ‘n omgewing te skep waar navorsers en studente verbind voel, geïnspireer word, en deel voel van iets groter as hulleself.

Die Departement Genetika aan die Universiteit Stellenbosch is een van slegs twee onafhanklike genetika-departemente in Suid-Afrika, wat studente die geleentheid bied om ‘n nagraadse graad in genetika as ‘n selfstandige dissipline te verwerf. Terwyl baie universiteite genetika met biochemie of mikrobiologie geïntegreer het, bly Stellenbosch toegewyd aan die opleiding van spesialiste in genetika eerder as algemene bioloë -’n verantwoordelikheid wat Prof. Rhode met trots voortsit.

Geleenthede en Uitdagings in ’n Veranderende Veld

Prof. Rhode beskryf die departement se geleenthede en uitdagings as ‘n “tweesnydende  swaard”. Terwyl verandering ʼn gegewe is in enige omgewing is, bied dit ook ‘n geleentheid vir vernuwing en sodoende vooruitgang te verseker.

Veranderingbestuur is altyd ‘n uitdaging, maar dit gee ons ook die kans om ons koerste herevalueer en relevant te bly in ‘n vinnig ontwikkelende veld. Die sleutel lê daarin om te verseker dat almal die belangrikheid van hierdie veranderinge verstaan en toegewyd is in die  langtermyn sukses van die omgewing.

Sy verbintenis tot innovasie is duidelik en bevestig dat die departement steeds ‘n toonaangewende speler in genetiese navorsing, onderrig en bedryfsamewerking sal bly.

Baanbrekersnavorsing in Genetika

Prof. Rhode se bydraes tot genetika strek veel verder as die lesingsaal. Een van sy belangrikste navorsingsprojekte was die volledige volgordebepaling van die eerste en enigste Suid-Afrikaanse klipkous-genoom (of perlemoen, soos dit plaaslik bekend staan), ’n spesie wat ’n deurslaggewende rol in akwakultuur en marinebewaring speel.

“Deur die genetiese samestelling van perlemoen te verstaan, kan ons metodes ontwikkel om hulle vinniger te laat groei, hul populasieste beskerm en te verseker dat hulle kan aanpas by veranderende oseaanomstandighede.”

Verder het sy navorsing oor die  swart venstervlieg, ‘n spesie met beduidendetoepassings in volhoubare dierevoer en afvalvermindering, internasionale erkenning verwerf. Sy werk ondersoek hoe genetika grootskaalse telingsprogramme beïnvloed, wat voedselproduksie doeltreffender en omgewingsvriendeliker maak. ’n Getuienis van sy deurslaggewendeinvloed in die veld was sy onlangse uitnodiging as hoofspreker by die “Insect Genetic IMProvement, IMPlementation, and IMPact (Insect-IMP)” werkswinkel in Athene, Griekeland. Sy plenêre sessie, “Population and Functional Genomics of Black Soldier Fly Mass Rearing”, het nie net sy kundigheid ten toon gestel nie, maar ook Stellenbosch Universiteit en Sub-Sahara Afrika op die wêreldverhoog verteenwoordig.

Hierdie gesogte uitnodiging bevestig sy status as ’n leier in toegepaste genetika en beklemtoon die departement se rol in voorpuntnavorsing oor voedselveiligheid en volhoubare landbou.

Inspirasie vir diewetenskaplikes van die toekoms

Buite sy navorsing bly mentorskap en studentebetrokkenheid ’n fokus van Prof. Rhode se akademiese filosofie. Hy beskou studente as die ambassadeurs van die departement, en hul sukses is van kritiese belang vir die departement se impak.

Ons rol as akademici is nie net om te doseernie; ons moet inspireer. Studente wat hier studeer, dra ons nalatenskap voort en wys die wêreld waarom genetika by Stellenbosch van wêreldgehalte is.

Vir jongmense wat ‘n loopbaan in genetika oorweeg, beklemtoon hy die groeiende belangrikheid van rekenaarvaardighede en aanpasbaarheid in die vinnig ontwikkelende wetenskaplike landskap.

“Genetika verander vinnig. As jy van biologie hou, maar ook belangstel in statistiek, KI en rekenaarwetenskap, is hierdie veld vir jou. Dit is waar die toekoms van mediese wetenskap, landbou en biotegnologie gevorm word.”

’n Tuiste vir Innovasie en Visie

Prof. Rhode beskou die Departement se Eeufeesvierings vanjaar ʼn ideale kans vir nadenke én vir vooruitskouing.

Dit is ’n tyd om ons prestasies te vier, maar ook om te beplan vir die volgende 100 jaar. Hoe bly ons relevant? Hoe dryf ons genetika verder? Dit is die vrae wat ons toekoms sal rig.

Met sy wetenskaplike kundigheid, leierskap en toewyding aan mentorskap, word daar uitgesien na die visie die toekoms van genetika aan Stellenbosch Universiteit.

Leier met ’n Dapper Visie

As jou departementele skrywer het ek die voorreg gehad om Prof. Rhode se reis van PhD-student tot Navorser, Lektor, Senior Lektor, Professor en nou Departementshoof te aanskou. As ’n leier uit eie geledere het hy ’n diepgaande begrip van die departement se dinamika, wat hom in ’n unieke posisie plaas om voort te bou op ‘nryk nalatenskap. Ek sien met groot afwagting uit na hoe sy visie en leierskap die toekoms van genetika aan die Universiteit Stellenbosch sal vorm.

Tribute: Ken Pringle (11 March 1946 – 14 January 2025)

The Faculty of AgriSciences remembers Ken Pringle, a dedicated entomologist, esteemed colleague, and cherished mentor, who passed away peacefully at his home in Stellenbosch on 14 January 2025, surrounded by his loved ones.

Born in Queenstown in the Eastern Cape, Ken’s passion for insects took root on his family’s livestock farm outside Tarkastad, where his fascination with dung beetles began. This early interest evolved into a lifelong commitment to entomology, culminating in an illustrious career marked by groundbreaking contributions to biological control and integrated pest management, particularly in South Africa’s fruit industry.

Ken completed his undergraduate studies at Rhodes University before earning both his master’s and doctoral degrees at Stellenbosch University. In January 1987, he joined the Department of Entomology and Nematology (now the Department of Conservation Ecology and Entomology) after working at the Agricultural Research Council. With a keen analytical mind and additional training in statistics, he tackled complex entomological challenges with precision, making a lasting impact in applied entomology.

Beyond his academic contributions, Ken was a revered mentor who trained and inspired generations of students, researchers, and industry professionals. His guidance was sought by fruit growers, researchers, and technical advisors alike, reflecting the depth of his expertise and the respect he commanded.

More than his professional achievements, Ken was known for his sharp wit, insightful conversations, and generous spirit. His presence enlivened coffee breaks and discussions, where he eagerly shared his thoughts on science, life, and the world around him. Those who knew him fondly remembered his humour, warmth, and unwavering passion for his work and his family.

Ken was laid to rest at St Mark’s Catholic Church in Stellenbosch on 24 January 2025. He is survived by his wife, Bernadette, his children Gordon, John, and Jenny, his grandchildren Thomas and Emily, and his beloved cats, Freddy and Molly.

His legacy in entomology and in the lives he touched endures. We honour his memory and the profound contributions he made to our faculty and beyond.

Business-driven approach can boost wildlife conservation

​World Wildlife Day was celebrated on 3 March. In opinion pieces for the media, experts at the African Wildlife Economy Institute at Stellenbosch University explain how a business-driven approach can boost wildlife conservation and finance. Click on the links below to read the articles a published.
Author: Corporate Communication and Marketing SU/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Published: 04/03/2025
Source

Celebrating Excellence: Medal Recipients at the AgriSciences Graduation Ceremony

At the AgriSciences graduation ceremony held last Thursday, 12 December, we celebrated not only the culmination of academic journeys but also the remarkable achievements of our top-performing students. These individuals have excelled in their respective fields, earning medals for their outstanding academic performance.

Prof AI Perold Silver Medal
Awarded annually to the top final-year BScAgric student who completed their degree with distinction, this prestigious medal goes to Willem Daniël van der Merwe, who achieved an impressive average of 77.50% over four years in Animal Science.

 

Prof PA van der Bijl Silver Medal
This medal honours the top final-year BScAgric student who also completed their degree with distinction. Congratulations to Abigail Herbst, who achieved an outstanding average of 76.60% over four years in Animal Science.

 

Sir William Schlich Gold Medal
Awarded by the National Department of Water Affairs and Forestry, this medal recognizes the top BSc Forestry graduate. This year’s recipient is Anneke Joubert, who achieved an exceptional average of 79% over four years in Forestry and Natural Resources.

 

Sir William Schlich Silver Medal
Also awarded by the National Department of Water Affairs and Forestry, this medal honours the second top BSc Forestry graduate. Congratulations to Nathan John Doyle, who achieved an excellent average of 75.80% over four years in Forestry and Natural Resources.

 

Farmer’s Weekly Eckart Kassier Medal
This medal recognizes the best final-year BAgric (Agri-Business Management) student. This year, the award goes to Liesje RonéEigenhuis, who achieved a remarkable average of 74.60% over three years.

 

We are incredibly proud of these students for their hard work and dedication, and we wish them continued success in their future endeavours. Well done to all our graduates!

A Century of Excellence: Celebrating 100 Years of Agricultural Economics at Stellenbosch University in 2025

Stellenbosch University boasts the oldest Agricultural Economics Department in South Africa. The Department was established in 1925 with Prof J.F.W. Grosskopf as the first Chair. Since then, the Department has graduated just over 2 000 students with bachelor’s degrees, the first awarded in 1926, and about 400 students with postgraduate degrees, the first awarded in 1930.Some of our era’s best agricultural economists have helped shape the Department and Agricultural Economics discipline over the past century, including Profs F.R. Tomlinson, W.E. Kassier, P.H. Spies, N. Vink, M. Karaan, and T. E. Kleynhans.

The evolution of the Agricultural Economics discipline in South Africa has its roots in the contributions of Prof Tomlinson, particularly on the interplay between macro-and microeconomic analysis in understanding and solving economic dilemmas in the agricultural industry. A strong foundation that we as a department are building when we develop the next generation of leaders in the agricultural sector to face the challenges of tomorrow.

Some of the key strategic actions we have taken to prepare ourselves for the responsibility of developing our future leaders are a re-evaluation of our curriculum, the memorandum of understanding with the Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP), the appointment of industry partners as research fellows in the Department, the inauguration of the Stellenbosch AgroInformatics Initiative at our Department, and the establishment of a formal postgraduate committee to represent our Department’s postgraduate students, and foster connections with our industry network.

The Department’s centenary is as much a celebration of the achievements of our alumni and industry partners as it is of our own legacy. Together, we have made a lasting impact, and together, we can shape a sustainable future for agriculture. We warmly invite our alumni, colleagues, and public and private sector partners to join us throughout 2025 as we commemorate this historic occasion under the theme 100 Years of Empowering Agriculture through Economics.

Your continued support ensures that the next chapter of our journey is as impactful as the last. Let’s celebrate this centenary together!

Author: Prof André Jooste (Chair: Agricultural Economics)

Neem jou lekker leesboeke saam vir jou vakansiebreek!

Die US Biblioteek beskik oor ‘n wonderlike versameling ontspanningsleesboeke wat jy kan verken vir jou Desember- / Januarie-lees. Of jy nou hou van ‘n goeie moord-raaisel, fantasiewêrelde wil verken, jou in ware misdaad wil verdiep, of ‘n diep nadenkende en reflektiewe roman soek – jy sal dit op ons ontspanningsleesrakke vind wanneer jy die biblioteek binnekom. Vir jonger lesers – kyk gerus na ons strokiesprentversameling of besoek die Opvoedkunde-biblioteek vir kinderboeke.

As jy verkies om aanlyn te lees (en ook vir ons alumni / eksterne gebruikers wat nie toegang tot ons versamelings het nie), kan jy inskryf vir die Libby app deur jou plaaslike biblioteek. Libby bied toegang tot wonderlike ontspanningsboeke en tydskrifte. Jy kan meer oor Libby uitvind hier: https://westerncape.overdrive.com/

Grab your leisure reading books for your holiday break

SU Library has a wonderful collection of leisure reading books that you can have a look at for your December / January reading. Whether you want a good murder mystery, travel the fantasy lands, delve into true crime or want a thought provoking reflective novel – you can find them on our leisure reading shelves as you come into the library. For younger readers – do consult our comics collection or visit the Education library for children’s books.

If you prefer online reading (and also for our alumni / externals that don’t have access to our collections), you can sign up for the Libby app through your local library. Libby contains access to great leisure books and magazines. You can find out more about Libby here: https://westerncape.overdrive.com/

Help kinders speel-speel leer oor die natuur

Heléne Booyens (Bewaringsekologie-klas van 2014) het vanjaar die eerste titel in ’n reeks natuurboeke vir kinders geskryf en gepubliseer. Boek een gaan oor soogdiere, en het in Engels en Afrikaans uitgekom. Soogdier-safari is ’n feit-en- aktiwiteitboek, met speletjies, blokraaisels, doolhowe en kopkrappers, asook interessante stories oor meer as 70 soogdierspesies – van die kameelperd tot die kleine klaasneusmuis. Heléne vertel:

Waar kom die konsep vandaan?

Ek het voorgraads bewaringsekologie geswot, en onthou nog hoe ’n dosent een keer vir die klas ’n vasvra gegee het: Hoeveel wildsbokke kan jy identifiseer? Gemsbok, Kudu, Blesbok . . . Dis nog maklik. Maar hoeveel van die duikers ken jy? Watter een is die njala en watter een die bosbok? Selfs ’n groep ekologie-studente het gesukkel! Op skool en as kind leer ’n mens meer oor groot, beroemde diere, soos die Groot Vyf. So, ek wou al lankal ’n kinderboek doen wat met ál Suid-Afrika se soogdiere spog – insluitende die minder bekendes, soos die bosvark, grysbok en ons hordes verskillende muishonde.

Watter muishond is jou gunsteling?

Beslis die dwergmuishond, Afrika se kleinste jagter. Vol persoonlikheid en vol planne.

Hoe lank vat so ’n projek?

Dit was amper ’n jaar se werk, maar net deeltyds. (Ek werk voltyds by Struik Nature, waar ek veldgidse redigeer en uitlê, soos Spiders of South Africa en Proteas of the Fynbos.) Wat die langste gevat het, was die foto-navorsing, want jy soek lekker aksie-belaaide foto’s wat interessante gedrag uitbeeld: sebra-hingste wat baklei, mamma-leeus wat welpies versigtig ronddra, olifante wat in die water snorkel . . .

Wat kom eerste, die prentjies of the woorde?
Vir my, die prentjies. Ek is ook ’n uitlegkunstenaar, en het die boek eers ontwerp en met dummy teks uitgelê voordat ek die teksblokkies ingevul het. Ek het ’n spesieslys van Afrika-soogdiere byderhand gehou om seker te maak dat elke diertjie sy kans in die kollig kry – selfs die molle en rotte.

Wat kom volgende?
Voëls is volgende in die Safari-boekreeks, dan reptiele. Dan het ek ook pas twee storieboeke by LAPA uitgegee, oor Jorsie die Worsie, ’n klein worshond wat ’n polisiehond wil wees.

Kids learn through play with new nature book

Heléne Booyens (Conservation Ecology class of 2014) wrote and published the first title in a series of nature books for children this year. Book one is about mammals, and came out in English and Afrikaans. Mammal Safari is a fact-and- activity book, with games, puzzles, mazes and brainteasers, as well as interesting stories about more than 70 mammal species – from the giraffe to the little elephant shrew. Heléne says:

Where did the concept come from?

I studied conservation ecology as an undergraduate, and still remember how a lecturer once gave us a quiz: How many antelope species can you identify? Gemsbok, Kudu, Sable. . . Those were still easy. But how many duikers do you know? Which is the nyala and which the bushbuck? Even a group of ecology students struggled! At school and as a child, you learn more about large, famous animals, such as the Big Five. So, I wanted to do a children’s book that shows off all South Africa’s mammals – including the lesser known ones, such as the bushpig, reedbuck and our hordes of different mongooses.

Which mongoose is your favorite?

Definitely the dwarf mongoose, Africa’s smallest hunter. Full of personality and plans.

How long does such a project take?

It was almost a year’s work, but only part-time. (I work full-time at Struik Nature, where I work on field guides, such as Spiders of South Africa and Proteas of the Fynbos.) Photo research took the longest, because you are looking for nice action-packed pics that show interesting behavior: zebra stallions fighting, mother lions carefully carrying cubs around, elephants snorkeling in the water. .

What comes first, the pictures or the words?

For me, the pictures. I am also a layout artist, and first designed the book and laid it out with dummy text before I filled in the text boxes. I kept a species list of African mammals handy to make sure that every animal got its chance in the
spotlight – even the moles and rats.

What’s next?

Birds are next in the Safari book series, then reptiles. I’ve also just published two story books at LAPA, about Jorsie die Worsie, a dachshund who solves mysteries.

Prof. Nick Vink ontvang ere-toekenning vir bydrae tot landbou

Die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika (Agbiz) het op 21 November 2024 tydens hul Raadsaandete in Kaapstad hulde gebring aan Professor Nick Vink, Emeritus Professor Landbou Ekonomie, van Stellenbosch Universiteit. Prof. Vink is vereer met ’n ere-toekenning wat sy lewenslange positiewe impak op landbou en landboubesigheid erken.

Oor dekades heen het Prof. Vink ’n blywende invloed gehad op landboubeleid in Suid-Afrika. Sy werk sluit bydraes tot die Kassier-komitee, die Strauss-kommissie, handelsbeleid, verskeie Grondhervormingsbeleidsdokumente, en die Nasionale Ontwikkelingsplan in. Hierdie beleidsraamwerke het ’n belangrike rol gespeel in die rigtinggewende besluite wat Suid-Afrika se landbousektor gevorm het.

Prof. Vink, ’n alumnus van Stellenbosch Universiteit, het sy loopbaan as dosent by die Universiteit van die Noorde (Turfloop) in 1979 begin. Hy het later aangesluit by die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika waar hy vir tien jaar die ekonomiese navorsings- en beleidsnavorsingseenheid bestuur het. In 1996 is hy aangestel as Professor en Voorsitter van die Departement Landbou-ekonomie aan Stellenbosch Universiteit, ’n pos wat hy tot sy aftrede in 2020 beklee het.

Tydens sy 24-jaar lange loopbaan aan Stellenbosch Universiteit het Prof. Vink talle meesters- en doktorale studente gelei. Sy onwrikbare toewyding tot opleiding het ’n nuwe generasie landbou-ekonome toegerus om uit te blink in ’n dinamiese en voortdurend veranderende landbou-omgewing. Baie van sy studente het daarna ’n merkbare impak in besigheid, beleid en akademia gemaak.

Ten spyte van sy aftrede, bly Prof. Vink steeds ’n aktiewe en invloedryke stem in die landbou- en ekonomiese beleidsdiskoers. Hy dien tans op die Direksie van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en speel ’n aktiewe rol in verskeie ander organisasies. Tydens sy toespraak by die Agbiz Raadsaandete het hy veral gefokus op die uitdagings en geleenthede vir landboubeleidsvorming in ’n nuwe risiko-omgewing gekenmerk deur verhoogde geopolitieke spanning.

Die Departement Landbou-ekonomie en die Fakulteit AgriWetenskappe is trots op Prof. Vink se merkwaardige bydraes en die nalatenskap wat hy in die Suid-Afrikaanse landbou laat. Ons wens hom opreg geluk met hierdie welverdiende eerbetoon en sien uit na sy voortgesette betrokkenheid by landbou en beleid.