Die XIVde Internasionale Peersimposium vind van 22 tot 26 Januarie 2023 op Stellenbosch plaas. Dis die eerste keer dat die geleentheid in Afrika gehou sal word. Diegene wat ‘n aanbieding wil maak tydens die geleentheid het tot 29 Julie 2022 kans om hul voorstelle in te dien.
Die tema van die simposium is “Peerproduksie: nou en in die toekoms”. Dit word by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie (STIAS). Aangebied.
Voorstelle kan tot 30 Augustus 2022 verander word.
Volgens een van die mede-sameroepers van die plaaslike reëlingskomitee, prof. Elke Crouch van die Universiteit Stellenbosch se Departement Hortologie, sal die internasionale geleentheid vir wetenskaplikes, navorsers, student, tegniese personeel, konsultante, kwekerybestuurders, produsente en andere die kans gee om hul kennis en ervaring oor die produksie van pere onder moeilike klimaats- en marktoestande te kan deel.
“Ons bevind onsself in opwindende tye waarbinne heelwat nuwe tegnologië en inligting beskikbaar raak,” sê sy.
Aanbiedings kan gemaak word oor die volgende onderwerpe: plantsisteme, die kweek van pere, na-oes fisiologie en tegnologie, kultivarevaluasie, plantvoeding, biotegnologie, ekofisiologie, reproduktiewe biologie, groeireguleerders, voor-oes faktore wat na-oes kwaliteit beïnvloed, pes- en siektebestuur, plantfisiologie en aspekte rondom die produksie en ekonomiese stelsel van die peerindustrie.
Vir meer inligting, kontak die Organiseringskomitee by +27 82 414 4378 of info@pearsymposium2023.co.za of besoek https://pearsymposium2023.co.za.